Rosebank Mall sit sonder krag
2010-10-19 13:44
Johannesburg – Rosebank Mall en omliggende dele was Dinsdag sonder krag, het die winkelsentrum gesê.
Charles van Rensburg van die winkelsentrum het gesê dat die krag om 12:00 afgegaan het.
“Ons weet nie wat gebeur het of wanneer die krag weer sal aangaan nie, maar City Power is besig om daaraan te werk,” het Van Rensburg gesê.
Hy het bygevoeg dat die sentrum nie kragopwekkers het nie, aangesien hulle nie geld daarvoor het nie.
“Daar is nie miljoene om op kragopwekkers te spandeer nie en hierdie tipe ding gebeur so min.”
“Ek kom sopas van ‘n vergadering en het nog geen besonderhede oor wat gebeur het en hoe lank dit sal neem om die krag weer in die omgewing aan te kry nie,” het Louis Pieterse van City Power gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA