Rooftog motief vir dubbele bylmoord
2011-10-27 15:44
Kaapstad – Die polisie in die Suid-Kaap het gesê rooftog is die motief vir 'n dubbele moord op Worcester.
'n Negentienjarige man is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem nadat die lyke van 'n 91-jarige vrou en 'n 34-jarige man in hul huise gevind is.
Ao. November Filander, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die bejaarde vrou se kleinseun het die voorval by die polisie aangemeld.
"Die polisie het inligting opgevolg wat hulle na die buurman gelei het. Toe hulle in die huis kom het hulle op sy lyk met erge kopwonde afgekom."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter