Ronnie Kasrils se vrou sterf
2009-11-09 08:18
Johannesburg –Die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils se vrou, Eleanor het gedurende die afgelope naweek gesterf.
Sy het Sondag aan ‘n beroerte, op die ouderdom van 73 gesterf, het The Independent Online berig.
Sy het glo by die Constantiaberg Medi-Clinic in Kaapstad inmekaargesak en gesterf, het die aanlyn-nuuswebwerf berig.
Die egpaar sou volgende maand hulle 45ste huweliksherdenking gevier het.
Kasrils het sy huwelik as “die wonderlikste en gelukkigste huwelik” beskryf. Sy het “’n hele paar fantastiese dinge” in haar politieke loopbaan verrig, het hy bygevoeg.
Die voormalige president, Thabo Mbeki het Maandag gesê, “Komeraad Eleanor se dood is nie net tragies vir Ronnie en sy familie nie. Dit is vir almal ‘n tragedie wat saam met haar vir vryheid geveg het.”
Sy het werk vir die ANC in Tanzanië en Brittanje gedoen en sy het vir die voormalige president van die ANC, Oliver Tambo vanaf 1990 tot sy dood in 1993 gewerk.
Eleanor word oorleef deur haar man, haar dogter Bridgette en haar twee seuns Andrew en Christopher.
- Sapa