McBride eers in September gevonnis
2011-07-15 11:09
Pretoria – Robert McBride, voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, se vonnisoplegging is Vrydag in die Pretoriase landdroshof tot 8 September uitgestel.
Die hof wag vir 'n verslag wat 'n ondersoekbeampte aan die hof moes voorlê. Dié beampte is met verlof.
Die staat het aan die hof gesê die verslag is 'n kritiese dokument in die saak, berig Sapa.
McBride is in April vanjaar skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur.
McBride het op 21 Desember 2006 van ’n jaareindfunksie van die
metropolisie by die Oberon-oord naby Hartbeespoortdam af gekom toe sy
Chevrolet Lumina omgeslaan het.
Hy is ook skuldig bevind op aanklag van regsverydeling en onskuldig bevind op aanklag van bedrog.
Landdros Peet Johnson het McBride se borgtog verleng.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24