Robbeneiland se veerboot dalk gesaboteer

2010-11-18 08:31
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die moontlikheid van sabotasie op die beleërde Robbeneiland-veerboot word ondersoek.

Dié saak is tans in die hande van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad.

Dit is Woensdag deur Sibongiseni Mkhize, wat op 1 November as die nuwe uitvoerende hoof van die Robbeneiland-museum (RIM) aangestel is, bevestig.

Mkhize en die topbestuur het ’n voorlegging oor die museum se gekwalifiseerde ouditverslag vir die boekjaar vir 2009-’10 aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kuns en kultuur gedoen.

Oor die veerboot het Mkhize gesê die vermoede bestaan dat daar ’n “misdaadelement” doenig is met die bote van die eiland sowel as bote in die Waterfront-gebied.

Volgens hom ondersoek ’n kundige, wat deur die museumraad aangestel is, asook die eenheid teen georganiseerde misdaad tans die probleme rondom die boot.

Die eilandveerboot Sikhululekile het die afgelope paar maande onder talle meganiese probleme gebuk gegaan.

Dit het op 28 September die sesde keer onklaar geraak sedert die boot in Februarie 2008 in diens geneem is.

Die RIM het sedert einde September tot 9 Oktober ten duurste drie ander veerbote gehuur om die toere na die eiland te hervat.

Peter Maluleka, komiteevoorsitter, het gesê die land kan nie bekostig dat die RIM sy Wêrelderfenisstatus verloor nie.

“Ons ervaar jaarliks uitdagings met die Robbeneiland-museum. Ons moet regtig die skip na veilige water stuur. Mense wat baie jare op die eiland deurgebring het, voel baie na daaraan – dit is deel van hul lewe.”

Mkhize het gesê hy kan nie meer besonderhede oor die ondersoek bekend maak nie.

Op ’n vraag op hy sabotasie vermoed, het hy geantwoord: “Dit is waarna die ondersoekspan kyk.” Dit is nie duidelik wanneer die ondersoek afgehandel sal word nie. Die veerbote is tans in diens, maar een word versien.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: robbeneiland

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.