Richter se vrou skuldig aan sy moord

2010-03-05 16:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die vrou van Franz Richter wat in November 2007 op sy wildreservaat Heia Safari Ranch vermoor is, is skuldig bevind op aanklag van moord.

Regter Piet Meyer het in die Johannesburgse hooggeregshof gesê Celiwe Mbokazi het aktief beplan om hom te vermoor.

Meyer en sy assessore het Donderdag beslis dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat Mbokazi nie net skuldig is aan sameswering tot moord nie, maar ook moord en roof.

The Star het Vrydag berig dat die regter gesê het Mbokazi, wat R1 miljoen van Richter sou erf, nie 'n aktiewe deelname in die moord gehad het nie.

Maar Mbokazi het sy veroordeelde moordenaars, Johnson Tshepo Chirwa (35),  Dumisani Xulu (39) en Gilbert Mosadi (34) van sy bewegings daardie dag in kennis gestel.

Die hof het bevind dat Mbokazi kort voor Richter se dood talle oproepe van Richter se huisfoon en haar selfoon na Xulu gemaak het.

Die laaste oproep is 20 minute voor die moord gemaak om Xulu in kennis te stel waar sy Richter en hul aangenome kinders was.

Die moordenaars het in die bosse gewag vir sy voertuig om in te kom voor hulle hom doodgeskiet en sy geld gesteel het.

"Celiwe (Mbokazi) het opgetree soos iemand wat 'n bom geplant en gekyk het hoe dit ontplof," het Meyer gesê.

"Daar is nie 'n redelike verduideliking vir die kontak tussen Celiwe (Mbokazi) en Xulu nie. Sy het valslik ontken dat sy Xulu ken. Celiwe (Mbokazi) en Xulu se doel was om Richter te beroof en te vermoor. Die twee het saam opgetree."

Meyer sal na verwagting Vrydag dié weeklange uitspraak afhandel.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  hof  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

oupaoumascheepers sê... Belastingbetalers geld in die water ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.