Reuse-soektog na Jhb-man in Plettenbergbaai
2011-05-23 13:26
Kaapstad – 'n Reuse-soektog is in Plettenbergbaai van stapel gestuur nadat 'n 57-jarige man van Johannesburg spoorloos verdwyn het.
Leonard Smith is 'n week gelede vir die laaste keer gesien, by sy ouers se huis.
Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê Smith het gaan stap, maar het nooit teruggekeer nie.
"Hy is ongeveer 1,7 m lank, weeg sowat 70 kg, het blonde hare, blou oë en dra 'n kniestut op sy regterknie."
Ten tyde van sy verdwyning was hy geklee in 'n wit T-hemp, 'n kortbroek en tekkies. Hy stap met behulp van 'n loopstok.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter