Reuse-padversperring op N1 gehou

2011-12-22 07:14
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Sowat 1000 motors, taxi’s, busse en vragmotors is Dinsdag by ’n reuse-padversperring op die N1-hoofweg buite Bloemfontein voorgekeer en deurgesoek.

Polisie en verkeersbeamptes van oor die provinsie heen het ure lank in die bloedige son elke voertuig behoorlik deurgesoek en is beloon met gemengde suksesse.

’n Man (43) van die Noord-Kaap is met ongeveer 1kg Mandrax-tablette betrap en ’n Mosambiekse burger is in hegtenis geneem nadat skootrekenaars en verskeie selfone, vermoedelik gesteel, by hom gekry is.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het die versperring vlugtig besoek.

Nadat hy die Mosambiekse burger agter in die vangwa gegroet het, het Mthethwa se hart klaarblyklik vermurwe toe hy sien hoe die man sweet.

“Wanneer vat julle hom polisiekantoor toe? Hy kry warm, kyk hoe sweet hy. Maak oop die vensters (van die vangwa-kappie),” het Mthethwa vir die provinsiale kommissaris, lt.genl. Khehla Sitole, gesê.

Alhoewel voertuie kilometers ver weerskante van die hoofweg opgehoop het, het die polisie elke voertuig deeglik deurgesoek.

Enjinnommers is nagegaan, tasse moes uit bagasieruime gelaai word, snuffelhonde het tasse en sakke deurgesnuffel en voertuiglisensies en rybewyse is nagegaan. Enkele voertuie en sleep­waens is weens onpadwaardigheid geskut.

Mthethwa het gesê sulke padversperrings is nodig sodat vakansiegangers veiliger kan wees.

“Elke Suid-Afrikaner en mense wat van oorsee hier kuier, het die reg om veilig te voel en te wees. Dis dán wanneer hulle hul vakansie ten volle kan geniet.”

Hy het polisielede en verkeersbeamptes aangemoedig om gefokus te bly. “Dis maklik om nou, wanneer almal gaan vakansie hou en in ’n feestelike luim is, fokus te verloor en bietjie slap te lê. Ons moet, soos gedurende die res van die jaar, paraat en wakker wees,” het Mthethwa gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: nathi mtethwa  |  padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.