Restaurant-ontploffing: Tot 23 beseer
2012-02-02 22:53
Johannesburg – Die getal beseerdes ná ‘n gasontploffing Donderdag by die Mugg and Bean-restaurant in die Festival Mall in Kempton Park het tot 23 gestyg, het paramedici gesê.
“Drie werkers is in ‘n ernstige toestand, terwyl die ander vir ligte beserings behandel is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Die ontploffing het in ‘n agterkamer naby die kombuis van die restaurant plaasgevind,” het William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, gesê.
Hy het gesê die gebied is afgesper. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die ontploffing duur voort.
- Kyk hier na foto's wat ná die ontploffing geneem is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA