Reservis skiet meisie, homself
2011-03-02 23:00
Pretoria - 'n Polisiereservis van Pretoria het sy meisie in die Akasia-polisiestasie in die noorde van die stad doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg, het ‘n woordvoerder gesê.
“Die twee is vroeër aangesê om huis toe te gaan en hulle probleme uit te stryk, nadat die vrou, wat ook 'n reservis is, gekla het dat die man haar intimideer,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vrou was glo besig om 'n verklaring af te lê toe die man 'n ander polisiebeampte se vuurwapen gegryp en verskeie skote gevuur het.
Beide het op die toneel aan hulle beserings beswyk en 'n lid van die publiek is in die arm gewond.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA