Reservis geskiet, verbrand
2009-07-22 16:32
Durban- Polisie in Ntuzuma buite Durban is op soektog na verskeie verdagtes nadat hulle ‘n polisiereservis vermoor het en toe sy liggaam in sy motor aan die brand gesteek het.
“Bfana Ncugabe is Dinsdagaand voor die polisiekantore doodgeskiet.
Hy was binne sy motor toe die tragedie afgespeel het.
“Sy motor is daarna aan die brand gesteek,” het supt. Khephu Ndlowu gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
–Sapa