Renosterstropers vasgetrek
2009-09-02 12:55
Johannesburg - Daar is ’n verdere ses verdagtes in die Kruger Wildtuin in hegtenis geneem weens renosterstropery.
"Dit is met groot hartseer dat ons sedert Julie vanjaar van ‘n verdere sewe witrenosters moes afskeid neem weens wildstropery.
"Die goeie nuus is egter dat ons ses verdagtes vir die misdaad vasgetrek het, asook vir die besit van vyf onwettig wapens,” het David Mabunda, die voorsitter van die Nasionale Parke van Suid-Afrika (Sanparke) gesê.
Sanparke het in Julie die verlies van 26 wit renosters en een swart renoster bevestig.
‘n Totaal van sowat 10.3 kg renosterhorings is tydens ‘n geweldadige rooftog in die Addo Olifant Nasionale Park gekonfiskeer.
Dié inhegtenisneming bring die getal tot 14 oortreders.
Almal is van Mosambiek afkomstig.
Mabunda het gesê sowat 28 uit die 33 renosters is hierdie jaar onwettig langs die oostelike grens teen Mosambiek gestroop.
Sanparke gaan R5.2 millijoen van die Park Ontwikkelingsfonds gebruik om ingrypings teen stropery by die Kruger Wildtuin te verbeter.
Die fondse sal gebruik word om 57 meer verdwagters aan te stel, asook om geskikte voertuie aan te skaf.
- Sapa