Renosters: Groot reaksie op video
2012-01-16 17:00
Kaapstad – ’n Suid-Afrikaanse burger wat in Londen woon, het ’n vloedgolf reaksie ontketen met ’n treffende video wat die jag van renosters as sinloos bestempel, berig Landbou.com.
Die vervaardiger van die video, mnr. Mark Warren, sê hy kan nie verstaan hoekom jagters toegelaat word om groot bedrae te betaal om renosters te jag, terwyl die spesie se getalle afneem nie. Hy meen dié geld kan eerder aangewend word om die voortbestaan van renosters te verseker.
Lees meer by Landbou.com en kyk hier onder na die video.
: