Renoster val wildbewaarder aan
2011-11-02 19:06
Johannesburg – ‘n Man is Woensdag deur ‘n swartrenoster aangeval naby die suidelike grens van die Kruger Nasionale Park in Limpopo, het paramedici gesê.
Die man, ‘n wildbewaarder by die park, is deur die renoster gestamp terwyl hy te voet gepatrolleer het, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Die renoster se horing het sy linkerarm deurboor. Hy het ook kop- en ribbeserings opgedoen, het Banks gesê.
“Hy is baie gelukkig dat hy nie nog beserings opgedoen het nie,” het Banks gesê.
Die 44-jarige man is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA