Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Rektor sê SA is in groot moeilikheid

2012-03-02 07:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Suid-Afrika is in baie ernstige moeilikheid.

Hy het die land voor én na 1994 beleef en nooit gedink swart mense sal “Kill the Boer” sing of sê dat hulle grond wil vat nie, het prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), gister gesê.

Hy het die media in Johannesburg toegespreek oor hoe dit vandag met die universiteit gesteld is ná die omstrede Reitz-voorval.

Jansen het gesê ’n onlangse ­opname oor die klimaat op die kampus het getoon studente is gelukkig en tevrede en dat hulle akkoord gaan met die veranderingstrategie waarmee die UV begin het.

Hy het gesê sy uitgangspunt is om die huidige gemors in die land te probeer vergeet en te fokus op die leiers van môre. Dit is hoekom die UV ’n strategie het om ’n nuwe institusionele kultuur te vestig en studente met ’n ander visie vir die toekoms voor te berei.

Hy het gesê die UV is met ’n mense- en akademiese projek besig.

’n Verpligte vak (UFS101) vir alle eerstejaars is ingestel wat ten doel het om kritiese denke te bevorder en waar studente antwoorde op ernstige vrae moet soek soos hoe die geskiedenis hulle beïnvloed, wat regverdigheid werklik beteken, of daar lewe elders is, wat God regtig gesê het en hoe finansiële krisisse die wêreld kan laat tuimel.

Volgens Jansen is die vak daarop gemik om studente nie net ’n graad te gee nie, maar ook ’n opvoeding.

Wat die akademiese projek betref, het hy gesê die UV het vanjaar net 4 500 eerstejaars uit 13 000 aansoeke aanvaar om seker te maak dat hulle sukses kan behaal en nie die mislukkings van die skoolstelsel oordra nie.

Volgens Jansen het die UV verlede jaar ook sy toelatingsvereistes verhoog wat deurvloeisyfers verbeter het. “Dit is onregverdig om studente in te neem wat so swak is en nie hul eie name kan skryf nie.”

Jansen het gesê die primêre krisis in skole is nie hulpbronne of die kinders nie. “Dit gaan oor kernwaardes wat ontbreek en vakbonde wat skole oorneem en die onderwysminister uit die Oos-Kaap jaag.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: jonathan jansen  |  suid-afrika
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
87 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Phillip Groenenstein sê... Die Amerikaners bring tot hule eie koëlvaste glas saam vir die hotelle waar ou Barack "ek weet nie waar my geboortesertifikaat is nie" Obama gaan oorslaap. Vertrou seker nie SA se "tenderprosedures" vir die veiligheids kontrakte vir die besoek nie. Hulle weet hulle gaan 10 keer meer vir produk X betaal maar produk Y van 10 keer swakker gehalte kry. En dan sal dit 3 maande na Barack "ek weet nie waar my geboortesertifikaat is nie" Obama al terug is by die huis eers afgelewer word. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.