Rekordprys vir SA diamant betaal

2010-02-27 07:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die hoogste prys wat tot nog toe vir ’n ongeslypte diamant aangeteken is, is gister betaal toe Petra Diamonds ’n 507 kar.-vonds vir $35,3 miljoen (sowat R270 miljoen) aan ’n Hongkongse juweliersfirma verkoop het.

Die diamant, bekend as die Cullinan Heritage, word as een van die mees gesogte ongeslypte siersteendiamante bestempel omdat hy basies geen fout het nie. Foute soos klowe en onsuiwerhede in ’n diamant verlaag die waarde en kom dikwels voor in diamante wat suiwer voorkom.

’n Diamant word gewoonlik beoordeel op grond van sy slypmoontlikhede, grootte, deursigtigheid en kleur. Vir al dié maatstawwe het die Cullinan Heritage die hoogste beoordeling gekry.

Johan Dippenaar, uitvoerende hoof van Petra, het gesê dit is heel gepas dat dié diamant die rekords oortref. “Dit het die potensiaal om een van die wêreld se mees gesogte geslypte diamante te word.”

Die prys beteken dat die diamant sowat $70 000 per karaat kos, ’n verstommende prys as in ag geneem word dat siersteendiamante gemiddelde pryse van tussen $200 en $400 per karaat behaal. ’n Uitsonderlike diamant sal meer kos, maar die $70 000 per karaat is ongekend.

Die diamant se waarde is aanvanklik op $25 miljoen beraam, maar die Chow Tai Fook-juwelierswaregroep in Hongkong was bereid om heelwat meer op te dok. Chow Tai Fook is die vernaamste diamanthandelaar in die Ooste.

Die Cullinan Heritage is in September verlede jaar in die Cullinan-myn ontdek. Dit is die vierde grootste diamant wat in die myn gevind is, naas die Cullinan (3 108 kar.), die Golden Jubilee (755 kar.) en die Centenary (599 kar.).

Die Cullinan van 3 108 kar. is die grootste ongeslypte diamant wat nog ooit ontdek is. Geen realistiese verkoopswaarde kon in 1905 daarvoor vasgestel word nie en dit is daarom aan die Britse koningshuis geskenk.

Groot dele van die diamant pryk in die Britse kroonjuwele.

Petra het die Cullinan-myn vroeër van De Beers gekoop.

- Beeld

Lees meer oor: diamante

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... As oud SAP spec eenheid lid kan ek nie glo die totale verval van die polisie nie, ek het gister gevra oor opleiding maar al wat ek gekry het was 'n paar snedige kommentare - my gevolgtrekking is dat baie gelukkkig is met die status quo so moet nie kla nie - die polisie is suksesvol getransformeer Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.