Rekening-kopseer vir Zuma
2011-12-07 12:20
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy gaan dringende aksie neem oor 'n uitstaande rekening van meer as R100 000 vir water en elektrisiteit by sy ou woonstelle in Berea, Johannesburg.
The Star berig dat Zuma 'n totaal van R120 000 skuld vir twee woonstelle. Volgens die berig is die elektrisiteit van die gebou, weens 'n munisipale rekening van sowat R2 miljoen, twee weke gelede afgesny.
Die presidensie het in reaksie op die berig gesê hy is nie bereid om verdere besonderhede te verskaf nie, maar het bevestig dat die saak met dringendheid hanteer sal word.
Volgens die presidensie is Zuma bekommerd oor die opgeloopte skuld, maar het gesê die woonstelle word deur 'n besturende agent verhuur.
Zuma het die woonstelle sowat 20 jaar gelede vir R80 000 gekoop.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter