Rekenaars uit polisiekantoor gesteel
2010-05-12 22:29
Johannesburg – Daar is Woensdag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se speureenheid in Virginia ingebreek en twee rekenaars waarop saak-inligting gestoor was is gesteel.
“Lt. Kol. Dingindawo Motaung, die bevelvoerder vir die tak se eenheid, was verbaas toe hy Woensdagoggend 6:45 aanmeld vir diens en vind dat daar ingebreek is,” het polisie van die Vrystaat in ‘n verklaring gesê.
Een van die vensters in die kantoor is gebreek en twee Proline rekenaars is gesteel.
“Dit is die belangrikste kantoor, waar offisiële administrasie van sake met die twee rekenaars hanteer word. Dit wil voorkom of die inbreker slegs in daardie kantoor was, aangesien niks in ander kantore gesteel is nie.”
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter