Reisskandaal: LP’s se skuld afgeskryf

2011-08-31 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die parlement het R12 miljoen afgeskryf wat nie gevorder kan word nie van LP’s wat met die reisskandaal verbind word.

Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, het verlede week in ’n brief aan Ian Davidson, hoofsweep van die DA, geskryf die parlement beskou die sage nou as afgehandel. Volgens hom is dit onmoontlik om die geld te verhaal.

Tot dusver is net ses van die 79 LP’s wie se name op ’n lys van moontlike “betrokkenes” by die misbruik van reiskoepons verskyn, strafregtelik vervolg.

Die parlement het egter geen planne om die 73 ander te vervolg nie.

“Dit is wyd bekend dat Bathong Travel sy rekords vernietig en die skedule (waarop die LP’s se name verskyn) hersaamgestel het.

“Daar kan dus geen lig gewerp word op die vraag of die lede wat daarin gelys word wel by enige verkeerde optrede betrokke was nie.

“En aangesien daar geen verdere bewyse is nie, is dit onmoontlik om teen enige van die lede op te tree,” het Sisulu geskryf.

Die parlement het die eise teen bepaalde LP’s vir R370 000 by Bathong Travel se likwidateurs oorgekoop.

Die DA is ontevrede met dié besluit.

“Ons kan nie hierdie massa-borgtog vir LP’s wie se gedrag onwettig en moreel verkeerd was, onderskryf nie,” het Davidson gesê.

Hy beoog om aan Ben Turok, voorsitter van die parlement se etiekkomitee, te skryf om te versoek dat ’n ondersoek na die betrokke LP’s ingestel word.

“LP’s wat bedrog teen die parlement gepleeg en sy integriteit ondermyn het, moet ondersoek en verantwoordbaar gehou word.”

Die lys sluit Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, in.

Sy het ná die bekendmaking van die lys vroeër vandeesmaand gesê sy skuld Bathong Travel niks, in weerwil daarvan dat sy luidens die skedule sowat R70 000 se onbetaalde eise teen haar het.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.