Reis-eise: DA gereed om tugverhoor te begin

2011-08-16 09:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die DA het reeds ’n klagstaat opgetrek en is slaggereed om met die tugverhoor teen dr. Manie van Dyk, DA-LP, oor sy reis-eise te begin.

Al wat nog kort, is ’n verklaring van ’n lid van die publiek rondom klagte dat Van Dyk ook vir reise van sy meerderjarige dogter, Wanya Downing, van die parlement geëis het.

Hendrik Schmidt, DA-LP en voorsitter van die party se federale regskommissie, het by navraag gesê die DA het reeds dié mens versoek om die verklaring af te lê.

“Ons is heeltemal in die hande van die lid van die publiek. Sodra ons dit het, kan ons die klagstaat aan Van Dyk beteken.”

Schmidt wou nie sê wie die mens is nie.

Schmidt het toegegee dat die regskommissie nie onbepaald vir die verklaring kan wag nie.

“As ons dit nie kry nie, val een van die aanklagte teen dr. Van Dyk weg.”

Ofskoon hy hom nie wou uitlaat oor die aantal klagte teen Van Dyk nie, het hy wel bevestig daar is beslis nie net een nie.

In September verlede jaar is onthul dat Van Dyk padreis-eise van R275 500 vir die boekjaar 2009-’10 by die parlement ingedien het.

Vir ’n rit padlangs tussen Kaapstad en Johannesburg kon LP’s ’n eis van byna R12 000 indien, terwyl ’n retoer-vliegkaartjie die parlement tussen R5 000 en R6 000 sou kos.

Ná die eerste ondersoek teen Van Dyk het James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, in Junie aangedui ’n subkomitee het bevind dat nie die parlement, of die DA ’n etiese kode vir die gebruik van reis- en ander voordele het nie. Daar kon dus nie teen Van Dyk opgetree word nie.

’n Paar dae later is onthul ’n deel van Van Dyk se eise in 2009 was vir naweekreise deur sy volwasse dogter en haar destydse verloofde, Reinhardt Downing.

Dit het ook aan die lig gekom dat Van Dyk nooit die klagte ingedien het nie waarmee hy in Junie gedreig het nadat Natasha Michael, DA-LP en adjunkvoorsitter van die DA se federale raad, gevra is om verder ondersoek in te stel.

Van Dyk het beweer sy het nie ’n mandaat gehad om dit te doen nie en het beweer sy is “kwaadwillig” en smeer sy naam swart.

Michael het Maandag gesê geen klagte is teen haar ingedien nie.

Van Dyk het Maandagaand gesê hy weet nie hoe ver die ondersoek teen hom is nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.