Regters brand los op ANC

2011-11-27 07:38
Tweets Share Share line Print

Regters, grondwetkenners en ’n struggle-veteraan het gister die ANC-regering se planne veroordeel om die konstitusionele hof se uitsprake te evalueer.

Johannesburg – Vooraanstaande regslui het losgebrand op die regering nadat Jimmy Manyi, kabinetwoordvoerder, Don­der­dag aangekondig het die kabinet gaan ’n navorsingsinstelling aanwys om die hof se uitsprake te evalueer.

Volgens Manyi moet dié instelling vasstel wat die uitwerking van die konstitusionele hof se uitsprake is. Hy het gesê dié instelling is nodig weens die “interafhanklikheid tussen regeringsfere”.

Regter Johann Kriegler, afgetrede regter van die konstitusionele hof, meen die kabinet se planne is “onheilspellend”, berig City Press, Rapport se susterkoerant. “(Die regbank) is nie op ’n platform in Polokwane nie. Ons praat nie politiek nie.”

Die regering se planne klink volgens Kriegler “na emosionele taal” wat transformasie ten koste van die regbank se ander waardes beklemtoon.

Regter Dennis Davis van die mededingingsappèlhof het Vrydag in Kaapstad sy kommer uitgespreek oor die terminologie wat die kabinet in sy uitsprake gebruik het.

Manyi het gesê die konstitusionele hof moet getransformeer word ingevolge ras, geslag, gestremdheid en “ander transformerende veranderlikes”.

“Wat word met ‘transformerende veranderlike’ bedoel?” het Davis gevra. “Praat ons van die howe se demo­grafiese samestelling? Of praat ons van ’n meer getekstureerde debat oor hoe om die Grondwet se visie vir die miljoene Suid-Afrikaners te laat werk wat in desperate, onwaardige omstandighede leef?”

Hy het ook Manyi se term “interafhanklikheid” bevraagteken omdat die howe in die land uiteindelik die wetgewende en uitvoerende gesag troef.

Regter Kate O’Regan, afgetrede regter van die konstitusionele hof, het gesê: “Nie wetgewing, die president se optrede óf die opstel van beleid is immuun teen die drie kernbelangrike grondwetlike vereistes, naamlik regsgeldigheid, redelikheid en onderworpenheid aan die Handves van Menseregte nie.

“Waar die howe bevind dat regeringsoptrede aan dié standaarde te kort skiet, is hulle verplig om gepaste bevele van ongeldigheid te maak en redes daarvoor te verskaf.”

Dié uitsprake kom nadat pres. Jacob Zuma en mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, vroeër dié hof in die openbaar van “inmenging” in die werk van die regering beskuldig het.

Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, sal in die komende week vir Suid-Afrika verduidelik wat die kabinetsbesluit werklik beteken.

Tlali Tlali, Radebe se woordvoerder, meen mense wat so teen die aankondiging gekant is, verstaan dit nie. “Dit is ongelukkig, onregverdig en onnodig dat mense wat nie die volle­dige inligting het, nou so ’n bohaai daaroor maak,” het Tlali gister aan Rapport gesê.

Tlali het gesê daar is geen aanval op die hof nie. Tog is kenners en politici bedag juis omdat dit volg in die week wat die ANC die omstrede wetsontwerp op die beskerming van staatsinligting deur die parlement gestoomroller het, terwyl daar geweldige kritiek oor die grondwetlikheid daarvan is.

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner, het Vrydag op sy blog, Constitutionally Speaking, geskryf: “As die kabinet glo dis gepas om geheime gesprekke met regters te hê om beleidsinergieë tussen die regering en die regbank te verseker sodat regters nie die ploeterende besluite van die wetgewer en die uitvoerende gesag ongeldig verklaar nie, is die kabinet skokkend onkundig en op pad om ons grondwetlike demokrasie te vernietig.”

Adv. Nikki de Havilland van die Sentrum vir Grondwetlike Regte het aan Rapport gesê die Grondwet word toenemend bedreig. Die kabinet se voorstel sal die nasionale demokratiese revolusie (NDR) ten koste van die Grondwet bevorder, meen sy.

Dr. Mamphela Ramphele, struggle-veteraan, het Vrydag in Mail&Guardian geskryf die regering se poging om dié besluit as ’n herbevestiging van die regbank op te dis onderskat mense se in­tel­li­gen­sie. “Asof ons, wat ons lewe lank vir demokrasie geveg het, dom is.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: howe  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.