Regter-weduwee glo nie gesond

2010-03-30 08:24
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - 'n Bekende Johannesburgse advokaat, adv. Kenny Oldwadge, het Maandag vir Thandi Maqubela (55), weduwee van waarnemende regter Patrick Ntobeko Maqubela (61), verskyn.

Maqubela het vir die eerste keer saam met Vela Mabena (45) in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord op haar man.

Maqubela is Donderdagoggend deur supt. Jo-ash Dryden en supt. Reynold Talmakkies by haar huis in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem.

Mabena is dieselfde aand op die perseel van die Franse konsulaat in Nuweland, Kaapstad, in hegtenis geneem waar hy en sy vrou, Vicky Mabena, ’n huishoudster, woon.

Oldwadge het vir landdros Vusi Mhlangu gesê sy kliënt gaan Donderdag om borgtog aansoek doen. Sy vra ook toegang tot die polisiedossier, veral tot ’n verklaring wat sy tydens die polisie-ondersoek gemaak het.

Oldwadge het gesê Talmakkies het gesê hulle moet ’n aansoek by die hof indien om die verklaring te kry.

Adv. Bonnie Currie-Gamwo, vir die staat, het gesê hulle is die naweek ingelig dat Maqubela gesondheidsprobleme ondervind.

Maqubela word by die Seepunt-polisiekantoor aangehou.

Dis daar makliker vir ’n dokter om haar te besoek en vir die ondersoekbeampte om toesig te hou.

Zaheer Karjiker, regsverteenwoordiger vir Mabena, het gesê hy gaan ook Donderdag om borgtog aansoek doen. Mabena word by die Claremont-polisiekantoor aangehou.

Regter Maqubela se lyk is op Sondag 7 Junie verlede jaar in sy luukse woonstel in Seepunt gevind. Hy was toegemaak onder ’n kombers met ’n bloedbesmeerde kussing wat skuins oor sy kop gelê het.

Die saak is tot Donderdag uitgestel vir die borgtogaansoeke.

Oldwadge het Lolly Jackson, eienaar van die ontkleeklub Teazers, in 2008 verteenwoordig.

- Die Burger

Lees meer oor: patrick maqubela  |  moord  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.