Regter se vrou in hof vir sy moord
2010-08-04 00:30
Kaapstad – Die weduwee van waarnemende regter Patrick Maqubela, wat dood in sy woonstel gevind is, het Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
Thandi Sheryl Maqubela (55) het saam met haar medebeskuldigde, Vela Mabena (46), verskyn op aanklag van moord op die regter.
Hy is op 5 Junie dood in sy huis in Seepunt gevind toe hy nie oproepe van kollegas en familie beantwoord het nie.
Die beskuldigdes is Dinsdag deur landdros Jahstree Steyn gewaarsku om op 26 November in die Kaapstadse hooggeregshof te verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA