Regter se vrou dieper in moeilikheid
2010-08-04 11:14
Kaapstad - Thandi Maqubela, wat aangekla word van die moord op haar man waarnemende regter Patrick Maqubela, is Dinsdag ook aangekla van bedrog en vervalsing.
Die staat beweer dat Maqubela haar man se testament, wat vanjaar by die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg ingedien is, vervals het.
Patrick Maqubela se lyk is op 7 Junie verlede jaar in sy luukse woonstel in Seepunt gevind.
Thandi Maqubela (55) is op 25 Maart by haar huis in Sandton, Johannesburg, in verband met sy dood in hegtenis geneem.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.