Regter moet besluit wie lieg: Selebi of Agliotti

2010-07-02 06:21
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die geloofwaardigheid en betroubaarheid van die twee hooffigure in die korrupsieverhoor van Jackie Selebi – die oudpolisiehoof self en die hoofstaatsgetuie, Glenn Agliotti – is die belangrikste aspekte in sy taak om ’n bevinding te maak.

Só het regter Meyer Joffe Donderdag in ’n volgepakte hofsaal in die Suid-Gautengse hooggeregshof hier gesê voordat hy die afhandeling van sy uitspraak in die agt maande lange verhoor tot vanoggend uitgestel het.

Advokate vir die staat en die verdediging het mekaar se hooffigure in die verhoor oor en weer van leuens beskuldig.

“Agliotti is die slegste getuie ooit,” het adv. Jaap Cilliers SC, Selebi se regsverteenwoordiger, gesê.

“Selebi is die mees leuenagtige getuie wat daar is,” het adv. Gerrie Nel, vir die staat, gesê.

Die staat het 17 getuies geroep en die verdediging ses.

Waar die hof met leuenagtige getuies te doen het, is die ondersteunende getuienis van ander getuies belangrik, het die staat vroeër aangevoer.

Joffe het Donderdag gesê in hierdie saak het Selebi se verdediging net twee getuies se geloofwaardigheid aangeval: Agliotti en sy gewese verloofde, Dianne Muller.

“Dit bly steeds die staat se plig om hul saak bo alle redelike twyfel te bewys,” het Joffe gesê.

Hy het sy opsomming van al die gebeure en getuienis teen die spoed van die Gautrein van presies 09:15 die oggend tot 13:30 die middag voorgelees, met net ’n kort verdaging om sy hees stem weer reg te kry.

Joffe het daarna rustiger voortgegaan. Hy het die dag se verrigtinge verdaag net voordat hy met die betekenisvolle deel van sy uitspraak begin het.

Joffe het wel bevind die video waarin komm. Mulangi Mphego, gewese hoof van misdaadintelligensie in die polisie, ’n “van die rekord”-onderhoud met Agliotti voer, mag wel as getuienis toegelaat word.

In die video ontken Agliotti dat hy ooit geld aan Selebi gegee het. In die hof het hy getuig hy het sowat R1,2 miljoen aan Selebi betaal en vir hom verskeie presente gekoop terwyl hy Suid-Afrika se polisiehoof en die hoof van Interpol was.

Selebi word ook van regsverydeling aangekla.

- Die Burger

Lees meer oor: jackie selebi

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Ek skenk 2 bottels brandewyn en 'n bakkie vrag klippe......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.