Regter in nek geskiet

2010-01-07 06:39
Tweets Share Share line Print

Philip de Bruin

Johannesburg - ’n Waarnemende regter van die hooggeregshof in Pretoria het die dood net-net vrygespring toe hy in sy huis deur ’n inbreker in die nek geskiet is.

Die koeël uit die vuurwapen van die booswig het regter Mahomed Ismail se nek binnegedring, sy strottehoof en nekslagaar “met millimeters” gemis, dwarsdeur sy nek getrek en agter uitgekom.

Die aanval was Maandag in die vroeë oggendure in die regter se huis in Emmarentialaan in Parkview, Johannesburg.

“My vrou was reeds in die huis doenig en ek het van haar gille wakker geword.

“Ek het opgestaan en na haar gestap. Ek het ’n gewapende inbreker teëgekom, in ’n kamer gespring en wou die deur toemaak en sluit.

“In die proses wat ek die deur toegemaak het, het hy geskiet en my getref.

“Ek kon die deur toemaak en hulp ontbied. Die inbrekers, daar was meer as een, het toe met leë hande gevlug.

“Dit was ’n baie skoon ingangs- en uitgangswond, maar dit het verskriklik gebloei.

“Ek is hospitaal toe gebring waar een van die dokters wat my behandel het aan my gesê het: ‘Jy kan jou sterre dank dat jy nog leef.’

“Klaarblyklik het die koeël my strottehoof en die nekslagaar net-net gemis,” sê Ismail.

Hy is Dinsdag ontslaan.

“My vrou en ek is uiteraard erg getraumatiseer, maar hopelik sal ek by die aanvang van die hofverrigtinge ná die reses sterk genoeg wees om te gaan werk.”

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  inbrake  |  skietery

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.