Regter begin Barbie-saak opsom
2009-10-06 20:20
Pretoria - Die hofsaak van adv. Cezanne Visser, bekend as Advokaat Barbie, het Dinsdag sy laaste fase betree.
Regter Eksteen het die getuienis van verskeie staatsgetuies begin opsom, insluitende die drie skoolmeisies en jong vrouens wat na bewering deur Visser en haar eertydse kêrel, Dirk Prinsloo, seksueel mishandel is.
Visser en Prinsloo se saak het vier jaar gelede begin. Sy is egter alleen agtergelaat om die Suid-Afrikaanse gereg te trotseer toe Prinsloo landuit gevlug het.
Visser het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen haar, insluitende bedrog, verkragting, en besit van kinderpornografie en dagga.
Regter Eksteen het ook begin om Visser se getuienis op te som. Die advokaat se getuienis sluit intieme details oor haar vreemde en geweldadige verhouding met Prinsloo in.
Die saak duur voort.
- Sapa