Regter: 'Toegang tot inligting belangrik vir armes'
2012-01-30 19:01
Kaapstad – Vryheid van spraak en toegang tot inligting is van kardinale belang in lande waar armoede voorkom, het ‘n Sweedse regter van die Hooggeregshof Maandag in Kaapstad gesê.
Goran Lambertz het tydens ‘n gesprek oor die wetsontwerp op die beskerming van staatsinligting gesê dat as mense vryheid gegee word om toegang tot inligting te verkry, dit ‘n kultuur van eerlikheid skep en korrupsie voorkom.
“Die kwessie van vryheid van spraak en toegang tot inligting is so belangrik vir enige land waar daar armoede is,” het hy gesê.
“Dit is ‘n kwessie oor om eerlikheid te bevorder en onregverdige verryking te verhoed in ‘n land... Dit is hoekom hierdie so belangrik is.”
Lambertz het gesê die klein hoeveelheid arm mense in Swede is nie naby so goed daarmee om vir hul regte te veg as wat baie Suid-Afrikaners is nie.
“Julle het ‘n goeie tradisie in dit,” het hy gesê.
Hy het verder aangevoer dat om mense te penaliseer omdat hulle oor inligting beskik “moeilik” was.
‘n Joernalis se werk is om baie tyd deur te bring om deur groot hoeveelhede inligting te gaan, het hy gesê.
“Dit is wat ‘n joernalis elke dag doen. Hy moet ‘n besluit neem oor of hy gaan publiseer of nie. Om mense te penaliseer omdat hulle oor geklassifiseerde inligting beskik, is moeilik.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA