Regstelaksie kry bloedneus

2009-08-19 06:29
Tweets Share Share line Print

Jan de Lange

Johannesburg – Die manier waarop regstellende aksie in die staatsdiens toegepas word, het in die arbeidshof ’n bloedneus gekry.

In ’n skikking voor die hof is vier polisiebeamptes, wat vyf jaar gelede bevordering ontsê is, met terugwerkende krag gelyk gegee op al die punte van hul beswaar.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die skikking inderhaas en onverwags aangebied en sodoende gekeer dat regspraak ontwikkel oor kritieke aspekte van regstellende aksie. Die geding van die vier beamptes was die belangrikste toetssaak nóg oor regstellende aksie in die staatsdiens.

Die saak, wat deur vier forensiese wetenskaplikes aanhangig gemaak is, is eergister geskik deur alle eise toe te staan waarom hulle reeds in November 2004 gevra het: onmiddellike bevordering wat destyds geweier is weens hul velkleur, asook volle terugwerkende vergoeding asof hulle destyds reeds bevorder is.

In dié saak het die SAPD besluit om kernposte vakant te laat eerder as om wit kandidate aan te stel.

Die wit aansoekers wat geweier is, was ten volle vir dié hoogs kundige poste gekwalifiseer – met formele opleiding en jare lange ervaring.

Dié gebruik om poste eerder vakant te los wanneer gekleurde kandidate nie daarvoor gevind kan word nie, is algemene praktyk – nie net in die SAPD nie, maar regdeur die staatsdiens, het twee onafhanklike staatsdiensvakbonde gister gesê.

Solidariteit het die saak namens die vier forensiese wetenskaplikes, inspp. Lionel de Jager, Corlett van Ham, Hannes Geustyn en H. Ueckermann, gevoer. ’n Vertroulikheidsklousule in die skikking het die vakbond en die vier beamptes die mond gesnoer.

“Ons kan niks meer daaroor sê as dat ons tevrede is nie,” het Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gister gesê.

’n Skriftelike regsmening wat vir die saak aangevra is van adv. John Grogan SC, een van die top-arbeidsregspraktisyns in die land, lui dat regstellende aksie “iets moet bereik, verkieslik dat dit voorheen benadeeldes moet beskerm of help”.

“Hoe kan aangevoer word dat dit enige voorheen benadeelde kandidaat help of beskerm deur ’n pos vakant te laat bly?” het Grogan in sy pleitstuk gevra.

Die SAPD het die dienste van die staatsprokureur beëindig en prokureurs van Bowman Gilfillan, een van die land se grootste regsfirmas, vir die saak gehuur.

’n Skikking is onlangs aangegaan en is eergister ’n bevel van die hof gemaak. Dit is nou ’n openbare dokument.

De Jager en Van Ham is albei chemiese ontleders in die SAPD se forensiese laboratorium in Pretoria met nagraadse kwalifikasies in chemie en onderskeidelik 12 en sewe jaar ondervinding.

Hulle is in September verlede jaar in elk geval van inspekteurs tot kapteins bevorder, maar kry nou terugwerkende vergoeding asof hulle reeds in Desember 2004 kapteins was toe hul bevordering weens hul velkleur geweier is.

Geustyn, ’n forensiese ondersoeker, word onmiddellik tot ’n kaptein bevorder en kry ook volle terugwerkende vergoeding.

Ueckermann, ’n mineraloog met ’n M.Sc.-graad in chemie en 12 jaar ondervinding in fisiese en chemiese ontledings, het weens perke op sy loopbaan geëmigreer.

Neal Truter, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu), het gister gesê dié vakbond is op die oomblik in verskeie dispute gewikkel waarin bevordering aan wit polisie-lede geweier word ondanks die feit dat geen gekleurde kandidate gevind kan word nie.

- Beeld
 

Lees meer oor: regstellende aksie  |  sapd

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.