Regstappe dalk oor affair

2011-09-03 09:17
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Regstappe word beoog teen die rektor van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein oor ’n beweerde verhouding met ’n getroude werknemer van die universiteit.

Prof. Thandwa Mthembu, vise-kanselier en rektor van die SUT, is in ’n beweerde romantiese verhouding betrokke met Geralda Winkler, die nuwe bestuurder van projekte en geldinsameling aan die SUT.

Winkler se man, Clement, het bevestig hy oorweeg regstappe teen Mthembu, maar wou op advies van sy regsverteenwoordiger, Rudolf Britz van Honey-Prokureurs, nie verder kommentaar lewer nie.

Die man en sy vrou is na verneem word in die proses om te skei.

Dan Maritz, woordvoerder van die SUT, het nie ’n vraag van Volksblad oor die beweerde buite-egtelike verhouding beantwoord nie.

Personeellede van die SUT, wat verkies om anoniem te bly, noem in ’n lang lys van klagtes oor die rektor dat Winkler skielik bevorder is. Volgens hulle is sy en Mthembu gedurig op sake-uitstappies regoor Suid-Afrika en oorsee.

Mthembu, Winkler en Nonkululeko Mthembu, die rektor se dogter, se reis na Amerika van 14 tot 26 Junie het ook heelwat wenkbroue laat lig.

Ná verneem word, het die drie se vliegtuigkaartjies meer as R180 000 gekos. Dan moet verblyfkoste en dagtoelae ook bygereken word.

Maritz sê ingevolge die SUT se beleid kon die rektor sy dogter saamvat. Die universiteit het vir haar uitgawes betaal. Winkler is deur die SUT en deur ’n Amerikaanse departement gefinansier.

Die rektor het onder meer die IAUP (International Association of University Presidents) se 16de Triennial-konferensie in New York bygewoon waar hy ook as ’n spreker opgetree het.

Maritz sê Mthembu is aangestel as ’n lid van die IAUP en Verenigde Nasies (VN) se kommissie oor ontwapening, konflikoplossing en vrede. Die rektor is ook ’n lid van die IAUP se uitvoerende komitee.

Volgens Maritz was Winkler toe die waarnemende bestuurder van projekte en geldinsameling.

Sy het die geleentheid gehad om Amerikaanse vise-kanseliers wat al miljoene dollars ingesamel het, te ontmoet en van hulle te leer.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: hofsake  |  seksskandaal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.