Regsman het planne om Derby-Lewis vry te kry

2012-01-30 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Clive Derby-Lewis, wat onlangs 76 jaar oud geword het, gaan een van twee weë volg in sy jongste poging om uit die Pretoria-Sentraal-gevangenis te kom.

Marius Coertze, sy prokureur, het gesê ’n aansoek om Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat te kry, sal ingedien word indien die verslag van ’n chirurg binnekort bekom word.

Die chirurg het hom reeds ondersoek.

As die verslag nie binnekort beskikbaar is nie, sal ’n aansoek by die hoog­geregshof in Pretoria ingedien word om die weiering van Derby-Lewis se parool tersyde te laat stel.

So ’n hofaansoek behoort einde Maart of in April aangehoor te word, het hy gesê.

Derby-Lewis het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien nadat hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is weens die moord op Chris Hani, SAKP-leier.

Hy probeer sedert 2007 parool kry.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het in Desember by die opening van die galg­kamer-museum in Pretoria gesê Derby-Lewis gaan nie vanjaar op parool vrygelaat word nie.

Volgens haar het Derby-Lewis twee jaar gelede in ’n paroolaansoek gesê as hy uit die tronk kom, gaan hy eers rus en daarna alles oor die moord op Hani onthul.

“Hoekom nie nou nie?” wou sy weet.

Coertze het egter gesê: “Dis nonsens. Daar is regtig níks vir my kliënt om te openbaar nie. Alles het uitgekom in die (strafregtelike) verhoor en voor die Waarheid-en-versoeningskommissie.”

Derby-Lewis se vrou, Gaye, het in ’n brief aan die minister gesê haar man het nié gesê hy sal alles onthul sodra hy uit die tronk kom nie.

Sy het die minister ook daarvan beskuldig dat dié voortydig besluit het haar man sal nie vanjaar parool kry nie.

Coertze het gesê as die hersieningsaansoek gebring word, sal daarin na die minister se stellings verwys word.

Volgens hom het Derby-Lewis se velkanker teruggekeer.

Sonwabo Mbananga, woordvoerder van die minister, het by navraag gesê sy gaan nie op mev. Derby-Lewis se brief kommentaar lewer nie.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: clive derby-lewis  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.