Regrukplanne kom vir onderwys

2010-01-08 09:56
Tweets Share Share line Print

Alet Rademeyer

Die daling in die nasionale matriekslaagsyfer van 62,5% na 60,6% is “marginaal, maar terneerdrukkend”.

Sy is teleurgesteld, het slapelose nagte en die departement van basiese onderwys is nie waar hy wil wees nie, het me. Angie Motshekga, minister van dié departement, gister by die bekendmaking van die uitslae in Pretoria gesê.

Sy het aangekondig ’n “sektorale bloudrukplan” gaan voor einde Maart ontwikkel word om die onderwysstelsel om te draai en swak onderrig aan te pak.

Sy het gesê dringende stappe is nodig om die gehalte van onderrig te verbeter met verwysing na skole en onderwysers wat meer en beter ondersteuning en opleiding moet kry, terwyl beter infrastruktuur en tydige lewering van handboeke ook nodig is. “Daar moet direkte ingryping by skole wees en ons gaan kundiges inbring om ons te wys hoe jy stelsels kan versterk.”

Motshekga het gesê sy is teleurgesteld in die uitslae. Net KwaZulu-Natal (61,1%) het verbeter en die Oos-Kaap (51%) het gestabiliseer. Die res het almal swakker gevaar met Gauteng (71,8%), Noordwes (67,5%), Mpumalanga (47,9%) en Limpopo (48,9%).

Aan die positiewe kant het sy uitgewys dat die gehalte van kandidate se “slaag” begin skuif het en dat meer kandidate met 40% en hoër deurgekom het.

Sy het gesê vraestelle het hoër kognitiewe eise aan kandidate gestel en die onverwerkte punte is in die meeste vakke, 41 van 57, behou. “Wat kandidate gekry het, is die werklike prentjie.”

Fisiese wetenskappe was egter ’n uitsondering en prof. John Volmink, voorsitter van Umalusi, het toegegee die inhoud van die kurrikulum is te moeilik vir gr.12’s.

Net 45452 (20,5%) van die 220882 kandidate wat dié vak geneem het, het dit met 40% en hoër geslaag.

Motshekga het gesê dit is ook positief dat meer leerlinge vir wiskunde (296659) as vir wiskundige geletterdheid (284309) geregistreer het.

Motshekga het gesê leerlinge se prestasie in kernvakke soos wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde is egter steeds “kommerwekkend’’.

Altesame 62743 (35,9%) van 174 347 kandidate wat rekeningkunde geskryf het, het bo 40% gekry. In die geval van wiskunde het 85356 (29,3%) van 296659 kandidate dit gekry en in landbouwetenskappe net 19723 (21,8%) van 90136 kandidate.

Terwyl tientalle matrikulante gister gejubel het toe hulle hul uitslae by skole gekry het, was daar ook ’n demper omdat tientalle kandidate in Mpumalanga en Limpopo nie hul uitslae gekry het nie.

AfriForum het gesê die organisasie se jeugkantoor is gister oorval met klagtes van matrikulante wat onder meer verneem het dat hul “eksamennommers nie bestaan nie”.

Mnr. Granville Whittle, onderwyswoordvoerder, het bevestig stelselprobleme is ondervind met die uitslae van onder meer Limpopo en die Oos-Kaap.

’n Probleem met die departement se rekenaarprogram was ook die rede waarom tientalle kandidate se onderskeidings nie in die koerant in hul uitslae korrek aangedui is nie. Die program het net voorsiening vir agt onderskeidings gemaak.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: matriekuitslae

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.