Regering wil tekortkominge takel

2012-01-18 09:00
Tweets Share Share line Print

Bela-Bela – Die regering het onafhanklike kenners gevra om vas te stel of hy aan die verwagtinge van die publiek voldoen.

Dié bevindings van die publiek se opvattings sal hier op die regering se jaarlikse lekgotla (bosberaad) bespreek word.

Dit sal die regering help om sy tekortkominge te takel, het Collins Chabane, minister in die presidensie, Dinsdagmiddag op die eerste dag van die beraad by For­ever Resorts se vakansieoord gesê.

Die beraad, onder voorsitterskap van pres. Jacob Zuma, duur tot Vrydag. Benewens ministers en adjunkministers is premiers ook teenwoordig.

Die direkteurs-generaal van die staatsdepartemente en verteenwoordigers van plaaslike regerings woon dit as waarnemers by.

Die regering sal op die beraad nie net oor die pad vorentoe vir die volgende jaar besin nie, maar ook terugkyk na sy vertoning die afgelope sowat drie jaar.

“Dit help nie ons luister net na mekaar hier op regeringsvlak nie. Ons glo dit is beter om ook die insette van onafhanklike deskundiges te kry om ons met die evaluering te help,” het Chabane gesê.

Volgens hom verwag die publiek van die regering om voort te bou op sy sterk punte, maar ook daadwerklike stappe te doen op dié gebiede waar hy nie goed vaar nie, of die mense van die land in die steek laat.

Tog het die Zuma-regering sedert sy bewindsoorname in 2009 meestal goed gevaar en wil hy daarop voortbou, het Chabane gesê.

Hy het bygevoeg die kabinet is nie bang om krities na homself te kyk nie wanneer hy besluite neem wat syns insiens die beste vir die land is.

“Die lekgotla is die kabinet se belangrikste strategiese beplanningsessie van die jaar.”

Die grondslag vir Zuma se staatsrede met die opening van die parlement aanstaande maand sal ook die volgende paar dae deurtrap word.

Chabane het gesê daar sal opnuut gekyk word na die regering se prioriteitsgebiede – veiligheid, gesondheid, onderwys, werkskepping en landelike ontwikkeling en grondhervorming – omdat dit die grondslag lê waarmee die land se uitdagings aangepak kan word.

In die lig van die wêreldwye resessie sal daar ook oor die toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie gepraat word.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.