Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Regering wil steeds twee stralers huur

2011-11-19 10:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Terwyl die regering altesaam R1,6 miljard probeer vind om twee nuwe presidensiële stralers te koop, het me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, vandeesweek gesê onderhandelings moet voortgaan om ’n bykomende twee luukse stralers teen ’n koste van R820 miljoen oor vyf jaar te huur.

Daar is vroeër berig haar departement het die aanvanklike tender met ’n tweede een vervang sonder om AdoAir, die ontvanger van die aanvanklike tender, daaroor in te lig. AdoAir dagvaar nou die minister en die departement weens kontrakbreuk.

Adv. Pikkie Greeff, nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), het gesê dit wil voorkom of die minister se kantoor verdagte regsadvies ontvang het. “Dit lyk of die departement eers agterna agtergekom het hul plan om uit die kontrak te loop, was swak regsadvies. Hulle besef nou eers hulle is gebonde aan die oorspronklike tender.” Greeff wonder of die onlangse bedanking van Paul Ngobeni, Sisulu se regsadviseur, aan dié debakel gekoppel is.

Siphiwe Dlamini, departementele woordvoerder, het alle navrae verwys na Barnabas Xulu, die minister en die departement se regsadviseur in die geding teen AdoAir. Xulu het aan Die Burger gesê hy kan nie kommentaar lewer in ’n sub judice-saak nie.

Die warboel waarin die departement hom met luukse stralers bevind, het krisisafmetings aangeneem omdat die Inkwazi-straler van pres. Jacob Zuma van begin September tot einde Desember volgens hofstukke noodsaaklike onderhoudswerk moet ondergaan.

Sisulu se departement en die lugmag is aan die rondskarrel om luukse stralers te bekom om Zuma en ander – wat volgens geheime departementele dokumente ministers, adjunkministers en “militêre veterane” insluit – rond te vlieg, asook om die dreigende regsaksie te probeer afweer.

In Maart vanjaar het die departement die aanvanklike tender van R820 miljoen aan AdoAir vir twee stralers oor vyf jaar toegeken, maar die kontrak nooit onderteken nie. AdoAir het met ’n regsgeding begin en die hof onder meer gevra om Sisulu te dwing om redes te verskaf waarom die tender nie uitgevoer is nie.

AdoAir het aangevoer die departement het van vertragingstaktiek gebruik gemaak en AdoAir later geïgnoreer.

Sisulu se regspan het vandeesweek aan AdoAir gesê sy kan nie redes verskaf vir die onafgehandelde tender nie en dat onderhandelings met AdoAir hervat moet word.

“Ons kliënt is die minister van verdediging en as sy voorstel dat onderhandelings heropen moet word, is sy ernstig,” het Xulu aan AdoAir geskryf.

David Maynier, DA-LP, het gesê die tenderproses wat die regering vir nuwe BBP-vliegtuie volg, laat baie vrae ontstaan.“Ek het Jerome Maake, voorsitter van die staande komitee oor verdediging, gevra om ’n vergadering te reël waar Sisulu ’n verduideliking moet gee van die aanskaffingsprosedure en van die chaos in die lugmag se BBP-eskader.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

VOLGENDE OP NUUS24X

Winnie weer by Madiba

2013-06-18 17:57

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Belinda Oberholster sê... Ja "shame" arme kind, wonder hoe voel hy hieroor! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.