Regering wil dié wapenaansoeke vergemaklik

2011-04-14 09:19
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die regering wil dit makliker maak vir mense om vir selfverdediging aansoek te doen om wapenlisensies.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gister tydens die debat oor sy begrotingsrede gesê die Wet op die Beheer van Vuurwapens gaan gewysig word.

Opposisiepartye het tydens die debat gehamer op korrupsie binne die polisie, swak dissipline wat lei tot siviele eise omdat beamptes onregmatig optree en die reuse-agterstand met aansoeke om vuurwapenlisensies.

Volgens Mthethwa sal die wysigings dit makliker maak om aansoek te doen om vuurwapenlisensies en die administratiewe proses sal versnel word. Volgens hom sal die agterstand van 1 048 341 aansoeke om vuurwapenlisensies en -hernuwings teen 31 Julie uitgewis wees.

“Ons wil dit makliker maak vir wetsgehoorsame burgers, veral dié wat vir selfverdediging om lisensies aansoek doen.

“Die omgewing moet gebruikersvriendelik wees en die publiek moet op hoogte gehou word met die vordering van hul aansoeke,” het Mthethwa agterna op ’n inligtingsessie by die parlement gesê.

Verskeie wysigings aan die Polisiewet sal vanjaar ook voor die parlement dien – eerstens om al die metropolisie-eenhede by die polisie in te lyf om een enkele polisiediens te stig en om die
elite-ondersoekeenheid, die Valke, na aanleiding van die onlangse konstitusionele hofuitspraak onafhanklik te maak en van politieke inmenging te vrywaar.

Hy het ook genl. Bheki Cele verdedig en gesê hy is die beste polisiehoof wat Suid-Afrika nóg gehad het. Die DA en die VF+ het tydens die debat onder Cele ingeklim en aangevoer hy is nie vir dié pos geskik nie.

“Die nasionale kommissaris is die eerste ooit om sukses in die stryd teen misdaad te behaal. Hy lei van voor. Hy kruip nêrens weg nie,” het Mthethwa gesê terwyl Cele uitdrukkingloos na die debat geluister het.

Dianne Kohler Barnard (DA) het opnuut geëis dat Cele geskors word oor die openbare beskermer se bevinding dat hy onwettig opgetree het deur ’n R500 miljoen-huurkontrak vir ’n nuwe polisiehoofkantoor in Pretoria goed te keur.

Sindi Chikunga, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het gesê die komitee is bekommerd oor die inhegtenisneming van lt.genl. Richard Mdluli, nasionale intelligensiehoof, oor ’n moord wat in 1999 gepleeg is. “Hoekom neem dit 12 jaar om verdagtes te arresteer? Erger nog is die feit dat senior bestuurders daarvan (moord) verdink word.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: wapens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.