Regering waarsku stakers
2013-01-07 13:54
Johannesburg – Wes-Kaapse werkers moet vreedsaam wees en kalm bly wanneer hulle hierdie week met hulle stakings voortgaan, het Phumla Williams, 'n regeringswoordvoerder, Maandag gesê.
"Hoewel werknemers die reg het om met hulle werkgewers te onderhandel oor kwessies wat verband hou met lone en werksomstandighede, word hulle aangemoedig om hulle te weerhou van geweld en intimidasie van ander werkers en die algemene publiek," het sy in 'n verklaring gesê.
"Die regering sal nie gewelddadige arbeidsgeskille duld nie en doen 'n beroep op alle partye om altyd daarna te streef om tot 'n gelyk te kom."
William het gesê die regering het "kennis geneem" van 'n beplande onwettige protesaksie deur plaaswerkers, ná meer as 1 500 werkers Sondag by De Doorns vergader het.
"Die regering vra burgers om hulle reg om te betoog op 'n vreedsame en wettige manier te beofen."
– Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA