Regering ‘vermors meer as R1 miljard'

2010-04-09 09:08
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper, Die Burger

Kaapstad - Die ANC-regering het sedert Julie verlede jaar meer as R1 miljard op “onnodige uitgawes” soos peperduur ampsmotors, hotelverblyf en partytjies vermors.

Met dié geld kon 19 000 laekoste-huise gebou word of dit kon die salarisse van 8 000 ekstra onderwysers betaal het.

Die DA het dié inligting gister op ’n nuuskonferensie bekend gemaak.

Die party hou sedert 26 Julie verlede jaar rekord van alle besteding wat hulle as ’n vermorsing beskou.

Dit sluit luukse ampsmotors en hotelverblyf, asook rojale partytjies, bankette en advertensies in.

Die ANC het ook R22,5 miljoen aan ’n teaterproduksie bestee waarvoor die departement van behuising betaal het.

Die DA se parlementêre leier, mnr. Athol Trollip, het egter daarop gewys dat die totaal van R1 miljard ’n baie konserwatiewe raming is.

Volgens hom is die omstrede kontrakte van R240 miljoen – wat die Limpopo-regering met Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesluit het – nie bygereken nie.

Die geld wat dit kos om die nuwe portefeuljes in die presidensie tot stand te bring, is ook nie daarby ingesluit nie.

Trollip het die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, en die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, as die twee “groot verkwisters” bestempel.

“Hulle is lief vir bling,” het hy gesê met verwysing na Mthethwa se luukse hotelverblyf van R805 000 in die V&A Waterfront en Cele se nuwe ampswoning van R3,3 miljoen, terwyl ’n meer beskeie ampswoning wel beskikbaar was.

Pres. Jacob Zuma het ook nie die vermoë om sy kabinet se spandabelheid in toom te hou nie, het Trollip gesê.

“Kyk maar na die minister van kommunikasie, mnr. Siphiwe ­Nyanda.”

Nyanda was, benewens sy duur ampsmotors van R2,4 miljoen (bykomstighede ingesluit), onlangs weer in die nuus omdat hy nie in sy ampswoning in Claremont woon wanneer hy in Kaapstad is nie.

Hy gaan veel eerder tuis in die gesogte Mount Nelson- en Twelve Apostles-hotel.

Hy het sedert sy inhuldiging as minister van kommunikasie in Mei verlede jaar glo nog nie een nag in sy Kaapse ampswoning deurgebring nie.

Die DA het ’n parlementêre vraag aan die ministerie van kommunikasie gerig om vas te stel presies hoeveel dié verblyf die belastingbetaler uit die sak gejaag het.

- Die Burger

 

Lees meer oor: begroting 2010  |  regerings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.