Regering stel weer gerus oor grondplan

2010-04-01 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die nasionalisering van grond is nie op die kaarte nie.

Dié versekering is Woensdag wéér deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gegee in reaksie op ’n artikel van Johannes Möller, president van Agri SA, wat Woensdag in Die Burger verskyn het.

Teenstrydige uitsprake oor grondhervorming het die laaste tyd tot heelwat verwarring en onsekerheid in landboukringe gelei.

Dit het gevolg nadat die departement ’n paar weke gelede sy omstrede strategiese plan aan die parlement voorgelê het wat daarop neerkom dat alle produktiewe landbougrond in die land tot na­sionale bate verklaar word.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het kort daarna die versekering gegee dat die nasionalisering van grond nie oorweeg word nie. Hy het egter Maandag in ’n onderhoud met e.tv gesê dat hy, soos baie swart mense, die nasionalisering van landbougrond voorstaan.

Möller het Woensdag in sy artikel gewaarsku dat die bontpratery oor grondhervorming die land duur te staan kan kom.

Voedselsekerheid, werksgeleenthede en uitvoerdienste in ’n mededingende markomgewing kom volgens hom in die gedrang wanneer onsekerheid oor die beskerming van private besit die toekomsdenke van landbou-ondernemers oorheers.

Mtobeli Mxotwa, senior mediabestuurder, het in reaksie hierop in ’n verklaring gesê die departement het geen beleid van nasionalisering nie.

Hy het verduidelik dat die departement ’n mandaat het om die post-koloniale herkonstruksie en ontwikkeling te verseker deur middel van ’n omvattende landelike ontwikkelingsprogram.

’n Groenskrif oor die nuwe grondvoorstelle sal aan die kabinet voorgelê word vir bespreking.

“Die groenskrif sal voorstel dat die huidige eiendomsregstelsel hersien en vervang moet word met ’n drievlak-verblyfregstelsel sodat Suid-Afrika gelyke toegang tot grond en volhoubare grondgebruik kan bereik.”

Dit sluit in voorstelle oor staatsgrond wat verhuur word, beperkings op die besit van private grond, buitelandse eienaarskap en onsekere eiendomsreg wat verbind is aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.

Mxotwa het gesê die kwessie van grondherindeling is ’n sensitiewe een wat die departement en sy relevante rolspelers met sorg moet hanteer.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

elkita.robbertse sê... Die beloftes het begin.Beloftes wat leeg is van enige waarheid.Geen skaamte..Die anc hget geen einde wat korrupsie aan betref nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.