Regering staan by Simelane

2011-06-17 12:34
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma se regering het opnuut sy onvoorwaardelike steun aan adv. Menzi Simelane, die land se nuwe omstrede nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), toegesê.

Voorts is Jeff Radebe, minister van justisie, se lof ook op die laaste kabinetsvergadering van die jaar besing oor die wyse waarop hy die uitbarsting rondom Simelane se aanstelling hanteer het.

“Die kabinet was baie tevrede omdat hy vinnig gereageer het om die feite vir die verslaggewers te gee. Die media skryf dikwels verkeerde berigte omdat die regering te lank wag om die regte inligting bekend te maak,” het Baby ­Tyawa van die regering se kommunikasiedienste gister gesê.

Erge kritiek uit verskeie oorde het op Zuma gereën nadat hy Simelane verlede Woensdag aangestel het. Radebe het vyf dae later ’n nuuskonferensie toegespreek om die vure te blus en te verduidelik waarom hy die Staatsdienskommissie se aanbevelings om tugstappe teen Simelane te doen, geïgnoreer het.

Volgens Tyawa het die kabinet nie die erge kritiek op Simelane se aanstelling bespreek toe hulle vir oulaas in Pretoria vergader het nie. Hul amptelike verklaring verwys net na “ongelukkige mediaberigte” en die “herhaling dat die regering vertroue in die NDOV het”.

Voorts het die kabinet mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, se regrukplan vir plaaslike regerings goedgekeur. Dit moet teen Maart by alle munisipaliteite se ontwikkelingsplanne en begrotings ingesluit wees.

Shiceka het gister opnuut in ’n verklaring erken dat politieke inmenging by munisipaliteite dienslewering verlam. Hy het swak besluitneming deur raadslede, die aanstelling van bestuurders met bedenklike vaardighede en ’n gebrek aan deursigtigheid in die toekenning van tenders ook uitgesonder.

Shiceka wil hê munisipaliteite se geldelike en administratiewe probleme moet vóór die plaaslike verkiesings in 2011 aangespreek word. Sy departement gaan ook binnekort regulasies publiseer om onregmatige aanstellings en afdankings by munisipaliteite te takel. Voorts moet elke munisipaliteit sy eie regrukplan kry omdat die rade deur verskillende uitdagings in die gesig gestaar word.

Die regrukplan moet verseker dat munisipaliteite in gemeenskappe se basiese behoeftes voorsien, dat daar deursigtigheid en aanspreeklikheid is, wanbestuur en korrupsie tot ’n einde kom en dat professionele mense met die nodige vaardighede aangestel word.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  menzi simelane

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.