Regering skuld R170,5 miljoen aan SA Bloeddiens

2009-12-03 09:05
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani

Kaapstad - Die regering skuld meer as R170,5 miljoen aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gister gesê. Dit sluit lopende en agterstallige skuld in.

Van dié skuld, vir dienste by staatshospitale, is reeds in Julie aangegaan en strek tot Oktober.

Motsoaledi het in ’n omvattende geskrewe parlementêre antwoord op ’n vraag van Emma More, DA-LP, gesê hospitale se totale agterstallige skuld beloop net minder as R100 miljoen. Dié skuld is ouer as 30 dae.

More wou weet hoeveel provinsiale departemente die SANBD skuld, of geld aan die Wes-Kaapse bloeddiens geskuld word en wat die uitstaande bedrae is.

Sy het in reaksie haar ontevredenheid met die situasie uitgespreek. “Dit is onaanvaarbaar dat hulle (die provinsiale departemente van gesondheid) so lank sloer om hul skuld te betaal. Almal wil altyd begrotingsprobleme voorhou. Dit is bloot slegte beheerstelsels,” het More gesê.

Motsoaledi het gesê bykans R26 miljoen van dié skuld is 30 dae oud. Net meer as R10 miljoen van die skuld is 60 dae oud en R6,1 miljoen se skuld is 90 dae oud.

Meer as R50,7 miljoen moes teen einde Oktober betaal gewees het en die departement se lopende rekening het op R78,6 miljoen gestaan.

’n Totaal van 41 hospitale skuld meer as R1 miljoen. Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal het die grootste uitstaande skuld met ’n rekening van R15,3 miljoen, gevolg deur die Steve Biko-hospitaal (R13,3 miljoen), die Dr. George Mukhari-hospitaal (R11,1 miljoen) en die Charlotte Maxeke-hospitaal (R10,8 miljoen) – almal in Gauteng.

Geen geld word aan die Wes-Kaapse bloeddiens geskuld nie.

More het gesê die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies sê duidelik skuld moet binne ’n maand betaal word. Sy het ook gesê die openbare sektor moet sy finansies anders hanteer.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.