Regering se syfers is onbetroubaar – OG

2010-10-13 06:20
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die regering se grondhervormingsyfers kan nie vertrou word nie, want daar bestaan nie genoeg stawende bewyse daarvoor nie.

Só het die ouditeur-generaal (OG) Dinsdag aan LP’s in die parlement gesê tydens ’n voorlegging oor die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se geldsake in die boekjaar 2009-’10.

Jan van Schalkwyk, die OG se portefeuljebestuurder vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê grondhervormingsyfers vir verlede jaar is nie betroubaar nie. Dít ondanks die feit dat grondhervorming en grondherstel die hoeksteen van die departement se werk en een van die ANC-regering se vyf prioriteitsgebiede is.

Volgens die departement hou die staat by sy teiken van 30% van alle wit landbougrond aan swart boere teen 2014, maar kon hy die afgelope jaar slegs 239 000 ha uit ’n beplande 656 000 ha herverdeel.

Die redes hiervoor is dat hy sy begroting moes aanpas, R505 miljoen bestee is aan ’n nuwe ontwikkelingsprogram waarvoor nie begroot is nie, R208 miljoen gebruik is om waarborge aan ontluikende boere te gee en R254 miljoen om braak plase te herkapitaliseer.

Volgens Van Schalkwyk is dié syfers verdag.

Benewens die departement se onderprestasie in sy grondhervormingsprogram, kon hy ook nie daarin slaag om sy grondherstelteikens te behaal nie. Hy het minder as 10% van die beplande 1600 grondeise verwerk.

Die departement het nie behoorlike interne beheerstelsels nie en daar bestaan ook nie stelsels wat aan wetgewing voldoen om beplanning, monitering, hersiening en verslagdoening te rig nie.

Hy het ook kritiek uitgespreek op die leiers wat nagelaat het om vorige jare se ouditaanbevelings te implementeer.

Annette Steyn, DA-LP, was sigbaar woedend oor die OG se bevindings en het gesê dit help nie meer om vrae te vra nie, omdat dit jaar ná jaar dieselfde storie sonder enige verbetering is.

“Hierdie departement het ’n lang geskiedenis van teikens wat gemis word. Wanneer gaan ons ’n punt bereik waar ons sê genoeg is genoeg? Landelike ontwikkeling en grondhervorming is in ’n algehele chaos.

“Ek wil ’n amptelike beroep doen dat die departement aan ’n forensiese oudit onderwerp én dat die hulp van die spesiale ondersoekeenheid ingeroep word.”

Haar versoek hou ook verband met 32 ondersoeke na bedrog en korrupsie met die oordrag van grond en die betaal van vergoeding deur die departement.

Van Schalkwyk het haar sentimente beaam en gesê die departement is die kwesbaarste vir ongerymdhede wanneer dit by geld en grond – sy kernbesigheid – kom.

Volgens die OG het die departement verlede jaar sowat R53,3 miljoen weens bedrieglike bedrywighede afgeskryf. Dít hou verband met drie grondhervormingsprojekte in KwaZulu-Natal waar geld en grond aan skimeisers oorgedra is.

Steyn het gesê sy is bewus van gevalle waar eisers, wat tussen R4000 en R5000 per ha moes kry, uiteindelik sowat R45000 per ha in hul sakke gesteek het.

Die departement sal vandag op die OG se verslag reageer.

Die staat kon die afgelope jaar slegs 239 000 ha uit ’n beplande 656 000 ha herverdeel.

Die redes hiervoor?

R505 miljoen bestee is aan ’n nuwe ontwikkelingsprogram waarvoor nie begroot is nie

R208 miljoen gebruik is om waarborge aan ontluikende boere te gee

R254 miljoen om braak plase te herkapitaliseer. 

- Die Burger

Lees meer oor: grondhervorming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.