Regering sal banke vra om boere te help

2011-01-26 06:56
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Boere wat deur die vloede geraak is, sal nie met geld vergoed word nie, maar met saad en kunsmis gehelp word.

Hulle sal ook gehelp word met die herstel van beskadigde infrastruktuur soos damme en kanale, het Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, Dinsdagmiddag hier aan die georganiseerde landbou gesê.

Plaaswerkers sal ook gehelp word.

Joemat-Pettersson het bygevoeg daar kan nie met die beplanning vir hulp begin word voordat die omvang van die skade nie bepaal is nie. Die staat moet presies weet wat die boere nodig het.

Verteenwoordigers van TLU SA, die National African Farmers Union en Agri SA het met Pettersson vergader. Dr. Pieter Mulder, die adjunkminister, was ook teenwoordig.

Joemat-Pettersson het aan die landbouverteenwoordigers gesê sy wil teen Vrydag ’n aanduiding hê van wat die vloedskade beloop.

“Ons besef die enormiteit van die krisis en ons wil die boere help om so vinnig moontlik weer produksie te hervat. Dit is noodsaaklik dat produksie spoedig na minstens ’n vlak van 80% kan herstel.”

Sy het verder gesê die regering sal met die banksektor en ander maatskappye onderhandel om boere te help. Sy het toegegee die hulpverleningsproses en die beskikbaar stel van geld vir ramphulp sloer baie. Volgens Mulder word daar nou probeer om dié proses te bespoedig.

Volgens Agri SA se voorlopige syfers beloop skade sowat R1miljard aan verlore oeste en dieselfde bedrag aan beskadigde infrastruktuur. “Dit is egter nog te vroeg om presies te sê wat die skade is omdat sommige gebiede nog onder water en ander onbegaanbaar is,” het Hans van der Merwe, uitvoerende hoof van Agri SA, ná die vergadering op ’n mediakonferensie gesê.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.