‘Regering nog verbind tot mediavryheid’

2011-08-06 08:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die regering is steeds verbind tot mediavryheid, het pres. Jacob Zuma Vrydagoggend in Centurion aan Suid-Afrikaanse mediahoofde gesê.

“As regering herbevestig ons ons verbintenis tot mediavryheid en die bevordering van mediavryheidsregte vir beide die publiek as gebruikers van mediaprodukte en die bedryf as vervaardigers,” het Zuma gesê.

Dié geskiedkundige eerste vergadering, hoofsaaklik met geslote deure, tussen Zuma en die mediahoofde is op versoek van die president gehou.

Daar is onder meer gepraat oor media-eienaarskap en transformasie van die media.

Die regering wil hê die personeelsamestelling van die verskillende mediagroepe, sowel as die inhoud van die produkte wat hulle publiseer of uitsaai, moet die Suid-Afrikaanse gemeenskap in alle opsigte weerspieël, het Zuma gesê.

“Jul produkte – van koerante en tydskrifte tot radiostasies en TV-kanale – verskaf ’n platform of ’n spieël waarmee die Suid-Afrikaanse lewenswyse en gemeenskap geprojekteer word.”

Daar is ook gepraat oor regeringsplanne met onder meer werkskepping en die stryd teen korrupsie.

Die vergadering het gevolg ná soortgelyke vergaderings vroeër tussen die mediahoofde en adj.pres. Kgalema Motlanthe en ’n tweede met Collins Chabane, minister in die presidensie vir monitering en evaluering.

“Ek wil dit beklemtoon dat ons almal – die regering, die gemeenskap en die mediabedryf – ’n verantwoordelikheid het om ’n vrye en onafhanklike media in ons land te ontwikkel. Ons moet streef na ’n media wat waarlik vry is van politieke, kommersiële, faksie- en ander belange,” het Zuma gesê.

Met die bevrydingstryd is hard geveg vir mediavryheid en vryheid van spraak en dit moet bevorder word.

Zuma het gesê die media speel ’n belangrike rol in die land omdat hy ’n kommunikasie-instrument vir die regering is waarmee hy regstreeks met die publiek kontak kan maak.

“Die inhoud van die media kan ook die land se ekonomiese groei en ontwikkeling beïnvloed omdat die manier waarop die media die land skets ’n uitwerking kan hê op die besluite wat mense buite die land oor Suid-Afrika neem,” het Zuma gesê.

Chabane het as voorsitter opgetree, terwyl Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, ook die vergadering toegespreek het.

Beide die druk- en elektroniese media is op senior vlak by die vergadering verteenwoordig.

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter, en Esmaré Weideman, uitvoerende hoof, het Media24, verteenwoordig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.