Regering kan plaasgrond gryp

2010-03-14 16:38
Tweets Share Share line Print

Hennie duvenhage en David van Rooyen, Rapport.

Die regering oorweeg die opsie om alle produktiewe landbougrond in Suid-Afrika in ’n nasionale bate te omskep, wat volgens grondwetkenners op nasionalisering neerkom.

Dit is een van die opsies wat vir die groenskrif op grondhervorming oorweeg word en waaroor die kabinet nog nie ’n besluit geneem het nie.
As dit deurgevoer word, sal alle landbougrond voortaan aan die staat behoort en bestaande eienaars se eiendomsreg sal in ’n lewenslange of beperkte erfpagstelsel verander.

Dit sal aan die staat beheer oor alle landbougrond gee en hy sal die voorwaardes kan stel waarvolgens ’n boer op sy eie plaas mag boer – as hy nog mag boer.

Dié verontrustende moontlikheid, wat beleggersvertroue in Suid-Afrika ’n knou kan gee, het die afgelope week aan die lig gekom toe die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se strategiese plan vir die volgende drie jaar in die parlement aan die tersaaklike portefeuljekomitee voorgelê is.

Die direkteur-generaal van die departement, Thozi Gwanya, het in sy oorsig oor die plan gesê dat die probleme wat met grondhervorming ervaar word dit duidelik gemaak het dat die vorm van grond­eienaarskap in Suid-Afrika hersien moet word.

“Die departement stel twee moontlike opsies voor. Die een opsie is dat alle landbougrond ’n nasionale bate word en ’n erfpagstelsel met lewenslange of beperkte regte word in die vooruitsig gestel.

“Die ander opsie is om die bestaande stelsel van eiendomsreg te behou, maar om perke te plaas op die hoeveelheid grond wat besit mag word,” het Gwanya gesê.

Hy het voorts gesê dat artikel 25 van die Grondwet wat oor eiendomsreg handel dalk gewysig sal moet word en voorsien dat alle wetgewing oor eiendomsreg hersien sal word.

Verteenwoordigers van die departement het volgens Annette Steyn, DA-LP, in die portefeuljekomitee ontken dat dit op nasionalisering neerkom as alle grond tot ’n nasionale bate verklaar word nadat bekommerde LP’s hulle daarna gevra het.

Die doel met so ’n stelsel is volgens hulle eintlik om plase wat reeds in die hervormingsprogram aan mense toegeken is en wat nie produktief gebruik word nie terug te neem en aan iemand anders toe te ken.
By navraag het Gwanya en die betrok­ke minister, mnr. Gugile Nkwin­ti, egter van hierdie siening verskil (lees berig op bl.?2).
Prof. Marinus Wiechers, bekende grondwetkenner, sê egter so ’n stelsel is niks anders as ’n vorm van
nasionalisering nie.
“Dit is net ’n verdere poging van die regering om beheer oor alle produktiewe bates te verkry.”

Die regering het reeds beheer oor alle minerale- en waterregte verkry en stel nou streng voorwaardes waaraan die vorige eienaars moet voldoen as hulle weer die regte wil gebruik. In die geval van waterregte moes boere wat die regte verloor het, maar dit nodig het om hul lande te besproei, toekyk hoe dié regte toegeken word aan mense wat niks met die landbou te doen het nie.

Mike Schussler, ekonoom van economists.co.za, sê eiendomsreg is een van die hoekstene van die Grondwet en enige poging om daaraan te torring kan beleggingsvertroue ernstige skade berokken.

“En dit kan ook die einde van die landbou en landelike ontwikkeling wees. Eienaarskap moedig mense aan om waarde tot hul eiendom toe te voeg, en as dit weggeneem word, kan dit ontwikkeling strem.”

Ervaring in lande in Europa het ook gewys dat staatsbetrokkenheid in landbou nie werk nie. Lande soos byvoorbeeld Rusland en die Oekraïne produseer nou baie meer vandat die staat nie meer ’n rol speel nie.

Die departement beplan nou ’n groenskrif wat eersdaags voltooi en dan vir kommentaar voorgelê sal word. Die groenskrif is nog nie aan die kabinet voorgelê nie. Die plan is om die wette wat enige verandering aan die eiendomsregstelsel moontlik maak teen 2013 afgehandel te hê.

Intussen is Suid-Afrika se landbousektor egter nog heeltemal in die duister oor wat die regering beoog.

Dr. Theo de Jager, Agri SA se woordvoerder, sê die inhoud van die departement se strategiese plan verskil lynreg met dit wat die departement met landbou-organisasies bespreek.

‘Onthou, hierdie is net een van die opsies’ – Gwanya

Deur Suné Kitshoff en Jan-Jan Joubert in Kaapstad

Die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thozi Gwanya, het Saterdag bontgestaan om te verduidelik wat sy departement se aanslag op eiendomsreg gaan behels.

Hy het aan Rapport gesê die regering sal slegs ingryp waar mense nie hul grond produktief gebruik nie. Die idee is dat alle grond produktief gebruik moet word in belang van voedselsekerheid.

Te veel grond lê volgens hom braak of word onderbenut. Hy het belowe ­eiendomsreg op grond wat genoegsaam produktief gebruik word, sal gerespekteer word.

Oor die besonderhede, soos wie besluit hoeveel produksie is produktief genoeg en verskillende maatstawwe vir verskillende distrikte, was hy vaag.

“Onthou, dit is net een van die opsies hierdie en die inhoud daarvan moet deur onderhandeling met rolspelers bepaal word,” het hy gesê.
Die bontpratery het op 2 Maart begin by mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Hy het toe aan die parlementêre mediakorps gesê grond wat as deel van die grondhervormingsbeleid toegeken is en braak lê, gaan teruggeneem word om beter aangewend te word, veral met die werkskeppingsdoel wat die departement nou ook onderneem.

Hy het spesifiek na 200 van hierdie plase verwys wat ten bedrae van R264?miljoen herkapitaliseer en herontwikkel gaan word. Hy het verder verwys na ’n beginsel van “gebruik dit of verloor dit”, wat op dié grond toegepas gaan word.

Op dieselfde dag is die departement se strategiese plan by die parlement ingedien en op 3 Maart het die LP’s dit ontvang.
En toe staan (grond)sake skielik baie anders.

Daar word telkens verwys na die kwessie van “eienaarskap” – en dat die Grondwet moontlik gewysig kan word én “alle produktiewe grond ’n nasionale bate sal word”, volgens Gwanya.

Woensdag, presies ’n week later, het die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming byeengekom om die strategiese plan te oorweeg en goed te keur.

Die komitee moes egter duidelikheid kry oor die omstrede paragraaf in die strategiese plan wat na “alle produktiewe grond” verwys.
Mev. Annette Steyn, DA-LP, het by navraag gesê die komitee is twee maal gerusgestel dat dit eintlik net verwys na grond van opkomende boere wat braak lê; dus herverdeelde grond.

“Maar dit staan nie só in die strategiese plan nie,” het Steyn gesê.

“Wat daarin staan, is: ‘alle produktiewe grond’; en sou ons wag vir die groenskrif en dit staan ook só daarin, kan ons nie die verweer gebruik dat ons nie geweet het nie. Ons het hierdie strategiese plan goedgekeur,” het sy bekommerd gesê.

Daar is ook aan die komitee gesê om te wag op die groenskrif wat die plan meer omvattend sal verduidelik.

“Ons kan dit nie ongesiens laat ver­by­gaan nie. Dit beteken nasionalisering van grond, en dít sal gevolge hê,” het Steyn gesê.

- Rapport

Lees meer oor: landbou

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.