Regering kan nie nog één boer verloor

2011-01-12 09:35
Tweets Share Share line Print

Senekal - Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het haar Dinsdag sterk uitgespreek teen geweldsmisdaad op plase en gesê die regering kan nie bekostig om een boer te verloor nie.

Sy het benadruk boere verlaat Suid-Afrika nie vrywillig nie, maar vlug noodgedwonge van plaasaanvalle. Sy ontken egter dat die aanvalle rasgemotiveerd is.

Joemat-Pettersson was Dinsdag op ’n besoek aan Pitso Sekhoto, ’n suksesvolle nuwelingboer, in die distrik Senekal.

Joemat-Pettersson het ’n blou oorpak, swart stewels en groot sonhoed gedra.

Sy het gesê kommersiële boere verlaat die land weens twee redes – om hul belange elders ter wêreld en op die vasteland uit te brei en om van plaasaanvalle te vlug.

“Dié boere verlaat ons nie, hulle vlug.

“Ons kan nie die boere verloor nie, want hulle het dekades se vaardigheid en kennis.

“Dit is vir ons ’n bekommernis – ons kan nie een enkele boer verloor weens iets soos plaasaanvalle nie.

“Die aanvalle is barbaars en kan ná 16 jaar van demokrasie nie geduld word nie.

“Dit hoort nie in ons samelewing nie,” het Joemat-Pettersson gesê.

Volgens haar kan nie gesê word dat plaasaanvalle rasgemotiveerd is nie.

“As dit rasgemotiveerd is, sou dieselfde swart mense in die woonbuurte ingegaan het en wit mense vermoor het.

“Hier het ons ’n scenario waar die meeste wit mense grond besit, en julle is kwesbaar omdat julle ver van alles is,” het sy gesê.

Volgens haar werk haar departement saam met die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat elke provinsie besoek om misdaad op die platteland te help oplos.

Joemat-Pettersson het gesê werk moet ook gemaak word van die geweld teen plaaswerkers.

Sy het gesê boere dra by tot die geweld as hulle goedkoop onwettige buitelandse arbeiders gebruik.

Die minster het die Makolobane-plaasprojek besoek ter stawing daarvan dat daar suksesvolle nuwelingboere is.

Sy het gesê dié plaas is ’n bewys dat grondhervormingsprojekte kan werk.

“Swart mense kan boer en grondhervorming kan werk. Dit beteken nie die regering gaan voedselsekuriteit inboet nie.

“Die landbou in die land kan nie groei sonder wit kommersiële boere nie,” het sy gesê.

Joemat-Pettersson het gesê sy het markte vir kommersiële boere in China, Indië, Brasilië, Rusland en die res van die vasteland verseker, maar het gevra dié boere moet nuwelingboere, soos Sekhoto, saamvat sodat hulle nie alleen hoef te boer nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.