'Regering het nie genoeg gedoen'

2011-12-12 17:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse regering het nie genoeg gedoen om die teregstelling van ‘n Suid-Afrikaanse vrou in China vir dwelmsmokkelary te keer nie, het die Demokratiese Alliansie gesê.

“Terwyl ons vas glo dat dwelmsmokkelaars vir hul oortredings gestraf moet word, pas hierdie straf nie by die misdaad nie,” het Stevens Mokgalapa, DA-LP, gesê.

Hy het gesê die stappe wat deur die Suid-Afrikaanse regering geneem is, was nie genoeg om die vrou se lewe te red nie.

Janice Bronwyn Linden (35) van KwaZulu-Natal is deur middel van ‘n dodelike inspuiting tereggestel.

Sy is in November 2008 in Guangzhou in hegtenis geneem nadat sy met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is. Sy is in 2009 aan dwelmsmokkelary skuldig bevind.

Die departement van internasionale betrekkinge het Maandag gesê President Jacob Zuma het tussenbeide probeer tree met die teregstelling.

“Hy [Zuma] het tussenbeide getree. Al die nodige stappe is op elke moontlike vlak, selfs die hoogstes, geneem,” het Clayson Monyela, woordvoerder, gesê.

Mokgalapa het gesê die DA sal verskeie vrae in die parlement voorlê om duidelikheid te kry oor die standpunt van die regering tydens die ingrypingsproses.

“Suid-Afrikaners verdien om te weet wat gedoen is om Linden en haar familie by te staan om te pleit vir ‘n regverdige vonnis en om verseker te word dat die Suid-Afrikaanse regering se versuiming om politieke druk toe te pas, nie te wyte is aan ons blykbare menseregte-blindekol waar China betrokke is nie,” het Mokgalapa gesê.

Die IVP het Maandag gesê die Chinese regering moes sy handelverhoudinge met Suid-Afrika oorweeg het voor Linden tereggestel is.

“Met die huidige groeiende handelverhoudinge tussen China en Suid-Afrika, sou ‘n mens hoop hierdie verhouding sou China anders beïnvloed het,” het Ben Skosana, IVP-LP, in ‘n verklaring gesê
 
- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.