Regering besweer weer veiligheidsvrese
2010-06-10 15:46
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse regering het Wêreldbeker-toeriste weer van hulle veiligheid verseker.
“Uit 190 000 polisiemanne is slegs 40 000 betrokke by Wêreldbeker-aktiwiteite," het Themba Maseko, woordvoerder vir die regering, in ‘n verklaring gesê.
“Dié 40 000 sal bygestaan word deur 32 spanne van ander sekuriteitsgroepe. Dit beteken dat 150 000 polisiemanne besig sal wees met normale polisiewerk," het Maseko bygevoeg.
“Die veiligheid en sekuriteit van die land bly ‘n prioriteit, 24 uur per dag.”
Vrae rakende die veiligheid van besoekers aan die Wêreldbekertoernooi het opnuut ontstaan ná drie joernaliste in Magaliesburg beroof is.
In Soweto was daar ook ‘n voorval waartydens drie ander joernaliste se kamera gesteel is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA