Reg eis nou sy pond vleis

2010-07-04 10:49
Tweets Share Share line Print

Rapport

Johannesburg - ’n Ou dreigement van Jackie Selebi spook waarskynlik nou by dié oudpolisie- en Interpolhoof nadat hy Vrydag in die Suid-Gautengse hooggeregshof aan korrupsie skuldig bevind is.

Bykans vier jaar gelede het Selebi gesê hy gaan “van Sandton City se dak afspring” as hy aan korrupsie skuldig bevind sou word.

Selebi se vonnis sal eers oor tien dae bekend wees, maar daar was teen Vrydag ná sy skuldigbevinding geen aanduiding dat hy hom vir enige springery gereed maak nie.

Die uitslag van dié marathonverhoor plaas ook opnuut die aandag op oudpres. Thabo Mbeki, wat in 2006 op ’n vergadering met kerk­leiers gesê het: “Glo my gerus oor Selebi. Ek sal beslis stappe doen as daar enige ongerymdhede is.”

Selebi het tereggestaan op aanklagte van korrupsie en regsverydeling nadat hy glo bykans R1,2 miljoen van sy voormalige mynmagnaat-vriend, Glen Agliotti, en ander sakemanne in die onderwêreld, in ruil vir polisie-inligting gekry het.

Hy is onskuldig bevind aan regsverydeling.

Regter Meyer Joffe het tydens sy twee dae lange uitspraak Donderdag en Vrydag behoorlik onder Selebi en Agliotti ingeklim.

Die staat, onder leiding van adv. Gerrie Nel, het sterk op Agliotti se getuienis gesteun.

“Selebi is ’n man van lae morele waardes wat nie vertrou kan word nie…hy het geen respek vir hofprosedure nie.

“…Agliotti kan beskryf word as een van die onbetroubaarste getuies wat al ooit in die hof getuig het,” het Joffe gesê.

Oor albei die mans het hy te sê gehad: “Hulle is albei vreemdelinge vir die waarheid.”

Maar Joffe het nie net die sweep geklap nie. Hy het ook Vusi Pikoli, destydse direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, en Dianne Muller, Agliotti se destydse verloofde, geprys.

“Pikoli was ’n goeie, betroubare getuie,” het hy gesê.

“Muller is ’n vrou met ’n sterk wil… haar getuienis kan nie verwerp word nie omdat sy in ’n stadium die beskuldigde in die oë gekyk het en gesê het: ‘Hy lieg.’”

Die verpligte minimum straf vir iemand wat aan korrupsie skuldig is, is 15 jaar tronkstraf as die bedrag meer as R500 000 is.

Paul O’Sullivan, oud-groephoof van veiligheid by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), het ná die uitspraak uit ’n sterk bewoorde verklaring voorgelees dat dié saak ’n bewys van geregtigheid is.

Hy het ’n groot rol gespeel in die Skerpioene se ondersoek wat gelei het tot die aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling teen die polisiebaas, en is in 2003 uit sy pos afgedank.

“Nege jaar gelede sou ek nooit kon raai dat ek met Selebi en sy bose boesemvriende te doen sou hê nie.”

Hy sê in 2005 het Suid-Afrika ’n laagtepunt bereik en in die hande van bendes verval. Boonop het Suid-Afrikaners Mbeki vertrou toe hy om dié vertroue gevra het.

“Skaam jou, Selebi. Skaam jou, Mbeki.” 

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jackie selebi  |  hof  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarah sê... Rapport, wat is 'n "ongeruimdheid" ? Ek weet minstens wat 'n "ongerymdheid" is. In elk geval ...... Staatspresident Malema sal terugkom met 'n basuin. Hy moet net registreer as LP. Hy het alreeds 14 miljoen tsotsi-aanhangers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.