Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Reeva se 'Joburg-pa' praat

2013-02-24 14:50
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die moordbeskuldigde atleet Oscar Pistorius se "gewete sal hom opvreet", het 'n vriendin van Reeva Steenkamp se pa gesê.

"... Wat ook al gebeur, of hy tronk toe gaan of nie... Hy kan brand in die hel. Sy gewete sal hom opvreet," het Cecil Myers, by wie Steenkamp in Johannesburg gewoon het, in 'n onderhoud met Rapport gesê.

Steenkamp was Myers se dogter Gina se beste vriendin en het sedert September by die gesin gewoon. Steenkamp het na Myers as haar "Johannesburg-pa" verwys.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy Steenkamp op Valentynsdag in sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Hy is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van R1 miljoen toegestaan.

Myers het ook verlede Vrydag Steenkamp se lyk gaan uitken.

“Dit was vir my verskriklik erg; ek kon nie self terugbestuur huis toe nie.”

Myers het Steenkamp se pa, Cecil die eerste keer by haar begrafnis in Port Elizabeth ontmoet.

"Haar pa het my aan vriende voorgestel as Reeva se ‘Joburg-pa’. Hy’t aanhou dankie sê dat ek so mooi vir sy dogter in Johannesburg gesorg het, haar veilig gehou het.”

Myers het gesê hy het Woensdagaand die laaste keer van Steenkamp gehoor.

“Ek het hierdie ding met al drie kinders (Reeva en sy eie dogters, Kim en Gina): As hulle nie die aand huis toe kom nie, moet hulle SMS. Toe SMS Reeva: ‘Hi guys, I’m too ­tired, it’s too far to drive, I’m sleeping at Oscar’s tonight. See you tomorrow.’

“Môre het nooit vir haar aangebreek nie... Ek het snags nagmerries oor hoe bang sy moes wees. Kan jy jou índink hoe bang sy was?

Myers verkwalik ook homself vir Steenkamp se dood en wonder wat hy kon gedoen het om dit te verhoed.

“Dis vir my die ergste: Hét Reeva maar eerder ’n kans gevat en huis toe gery daardie aand...

“Ek moes haar terug geSMS het: ‘Ons kry jou halfpad, dan ry ek en Desi [sy vrou] jou kar terug.’ Dan was sy nou veilig.”

Hy het aan die koerant gesê slegs Pistorius sal weet wat die aand van die skietery gebeur het.

“Sý kan nie meer vertel nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter

VOLGENDE OP NUUS24X

FW vaar uit teen pessimiste

33 minute gelede

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jerry Springer sê... JOHN ja ons eerste dan muhr ju bo op en dan is ons almal muhr toe. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.