Reënweer sluit N1
2009-08-18 15:18
Kaapstad- Verkeer op die N1-hoofweg buite Kaapstad is Dinsdagmiddag opgehou nadat erge reën, vloede veroorsaak het.
Volgens Charlotte Powell, bestuurder van die stad se rampbestuur, veroorsaak die konstruksie op die hoofweg tesame met die vloede nog meer probleme.
“’n Gedeelte van die N1 naby Koeberg is tydelik gesluit.”
Nooddienswerkers is op die toneel en is besig om die hoofweg skoon te vee en weer oop te kry.
Die Kosove informele nedersetting, asook ‘n nedersetting in Houtbaai is ietwat deur die swaar reën getref, wat Dinsdagoggend begin val het. Dit was nog nie nodig vir ontruimings nie.
“Daar was nog geen ernstige ongevalle nie,” het Powell gesê.
–Sapa